Mampoer Championships 2022
KULTUUR STOKERS GILDE MAMPOERFEES 2 JULIE 2022,
MET MAMPOER-KAMPIOENSKAPPE OP DONDERDAG 30 JUNIE 2022.
Inleiding:
Ons nooi alle Kultuurstokers en Artikel 116 Stokers in Suid Afrika om deel te neem aan die Nasionale Mampoerkampioenskappe te Willem Prinsloo Landboumuseum, (Ditsong) Rayton Pretoria, vanaf 28 Junie tot 2 Julie 2022. Die doel van die Mampoerfees is om die kwaliteit van die drank wat deur bogenoemde gestook word te verbeter.
Volgorde van gebeure:
Dinsdag 28 Junie & Woensdag 29 Junie 2022 – Dranklokaal word voorberei vir beoordeling.
Donderdag 30 Junie – Beoordeling van drank vind plaas
Vrydag 1 Julie – Van 07h00 tot 13h00 word uitslae op die bottels aangebring.
Slegs werkers sal in beoordelings saal toegelaat word.
- Van 10h00 tot 15h00 word ‘n Kursus in “Basiese Stook Beginsels” deur die Hoofbeoordeellaar Lofty Ellis aangebied
- Die beoordelingslokaal is oop vir besigtiging vanaf 15h00 tot 17h30.
- Die Hoofbeoordeellaar Lofty Ellis sal vanaf 16h00 tot 17h30 beskikbaar wees in die proelokaal vir navrae en kommentaar.
- Vanaf 18h00 vind die Gilde se Jaarlikse Vergadering plaas in die Auditorium by Willem Prinsloo Landboumuseum .
- Na afloop van die vergadering vind die Stokersbraai plaas by die Lapakraal.
Saterdag 2 Julie – Nasionale Mampoerfees vind plaas.
- Prysuitdeling vind plaas tussen 11h00 en 13h00.
Belangrike reëlings vir die 2022 kampioenskappe:
- ‘n Fooi van R10.00 per bottel vir ingeskrewe drank of produk word gehef om ‘n gedeelte van die aksys te betaal wat deur SARS gehef moet word. Die Gilde betaal die verskil in uit die fondse.
- Lidmaatskap by die Gilde is soos volg:
- Aansluitingsfooi: R150.00
- Jaargelde: R100.00 per gesin. (Pa,ma, kinders en kleinkinders.) Ledegelde is nie gehef Julie 2020 en 2021 nie.
- Indien meer as 24 bottels drank ingeskryf word is die Jaargelde R50.00. Jaargelde moet opbetaal wees en kan met drank in ‘n geseëlde koevert ingesluit word of vooraf betaalbaar is by sekretaresse .
‘n Kursus “Basiese Stook Beginsels” word Vrydag 1 Julie 2022 vanaf 10h00 tot ± 15h00 aangebied deur die Hoofbeooredeellaar Lofty Ellis en word grootliks deur die Gilde gesubsideer. Lede wat bywoon betaal R300.00 en nie lede betaal R600.00.
‘n Ligte ete word tydens die kursus aangebied vir kursusgangers. Kursusgangers se name moet asb Maandag 27 Junie 2022 by die sekretaresse wees.
Drank kan op die volgende maniere by die Mampoerfees 2022 kom.
a Aflewering per courier en persoonlik kan gedoen word by Mnr Danie en Amanda Swan.
Sel: 082 774 4164 te Ettiene Laan 458, Silverton, 0184.
b Aflewering moet voor Maandag 27 Junie 2022 om 18h00 by bogenoemde adres wees.
Slegs persoonlike Aflewering.
- Mnr Schoeman, Sel: 082 927 0012, Potchefstroom.
- Mnr Alwyn Swart, Sel: 082 540 8474,Heilbron.
In alle gevalle moet ‘n afskrif van die inskrywings vorm die drank vergesel.en ‘n afskrif moet asb na die Admin Beampte van die Kampioenskap gestuur word per epos.
Willie Meyer. E- Pos: willie.meyer52@gmail.com of ‘n foto whatsup na 082 927 5303.
Die jaarlikse Stokersbraai is gratis vir Gilde lede en sy/haar gade. Alle lede is welkom. Almal bring asb eie drank. Ander besoekers kan reël om saam te braai teen ‘n bedrag van R80.00 per persoon, drank uitgesluit. Almal wat kom braai MOET asb die sekretaresse vroegtydig inkennis stel en nie later as Dinsdag 28 Junie 2022 18H00.
Lizette vd Berg, Sel: 082704 7422, E-pos Adres: zettiesfontein@hotmail.co.za.
Om stemreg te geniet moet jaarlikse ledegeld voor die Jaarvergadering betaal wees.
Reëls vir ingeskrewe drank vir die kampioenskappe.
- Slegs ‘n deursigtige (wit) 750 ml glasbottel met skroefprop vir alle klasse word vir elke inskrywing vereis. (Sien aanhangsel A)(Sien foto)
- In klas 28 word ‘n minimum van 200 ml inmaakfles met skroefprop vereis.(Sien Foto)
- In klas 29 word ‘n minimum van 200 ml per inskrywing toegelaat.
- Elke bottel moet met ‘n kaartjie en toutjie/rekkie geidentifiseer word met die volgende inligting:
- Naam van stoker
- Klas van produk
- Vrug wat gebruik is
- Klasse 12 & 13 moet die basis genoem word waarvan die drank gestook is
- Klasse 14 & 15 meld die ouderdom van produk. (verwys na foto)
- Geen etiket mag vasgeplak word op die bottel of deksel nie, dus geen stoker mag tydens die beoordeling aan enige teken op die bottel geidentifiseer word nie. Amptelike etikette word tydens die beoordeling gebruik. Daar mag nie meer as 12 bottels per klas per deelnemer ingeskryf word nie.
- Die gebruik van geurmiddels of sintetiese stowwe mag nie by die gestookte produkte in klasse 1 tot 13 gevoeg word nie.
- Maak asb dood seker dat alle inskrywings in die korrekte klasse, ingeskryf word aangesien produkte wat verkeerdelik ingeskryf word op die diskresie van die beoordeelaars gediskwalifiseer sal word as herhaaldelike oortredings deur een deelnemer in die verband voorkom.
- Drank moet vergesel word met aangehegte inskrywings vorm(dieselfde vorm wat vooraf vir admin personeel ge-email/faks of ge Whatsup is) asb.
Algemeen
Alle inskrywings word die eiendom van die Gilde en mag nie verwyder word nie. Die drank word verkoop en die inkomste daaruit word gebruik om die Gilde se dag tot dag koste te dek.
Dubbel goud, goud, silwer en brons medaljes word toegeken aan drank wat aan die nodige vereiste voldoen het.
Die Nasionale-Mampoer Kampioenskappe word deur die Dagbestuur van die Gilde georganiseer.
Verblyf te Willem Prinsloo Landboumuseum vir die feesnaweek.
- Daar is beperkte slaapplek by Willem Prinsloo Museum beskikbaar vir lede wat werk by die kampioenfees. U is verantwoordelik vir eie etes. Net beddens beskikbaar.
- Die wooneenhede huisves 8 persone wat deel. Geen beddegoed, elektriese ketels, eet- en tee/koffiegerei is beskikbaar nie – bring asb. u eie saam.
- Verblyf by die Landboumuseum is beperk en vroegtydige besprekings by
- Lizette vd Berg is noodsaaklik. Dieselfde versoek word gerig t.o.v. etes by Lapakraal. Lizette vd Berg, 082 704 7422, E-pos zettiesfontein@hotmail.co.za.
- Eie verblyf kan ook elders gereël word, indien verkies.
Alle trofees en skilde wenners moet asb hulle trofees en skilde se name en jaartal op graveer en na Danie Swan kourier voor Vrydag 24 Junie 2022.
Enige navrae tov. Bogenoemde inligting is baie welkom om vir Arné te kontak by 083 395 9838.
Enige verdere navrae oor die fees kontak die volgende persone:
Lizette van den Berg Sel: 082 704 7422 E-pos: zettiesfontein@hotmail.co.za
Willie Meyer Sel: 082 927 5303 E-pos: willie.meyer52@gmail.com
Boet Schoeman Sel: 082 927 0012 E-pos: schoemanati@absamail.co.za
Alwyn Swart Sel: 082 540 8474 E-pos: alwyn@rwa.org.za
Danie Swan Sel: 082 774 4164 E-pos: swangro67@gmail.com
Vir meer inkligting kyk op Facebook: https://www.facebook.com/mampoersa/